O n s   g a a n   t r o u

Michael & Nicole

20.04.2021

Gelukkige Paartjie

Die Bruidegom

Michael Meyer

Naam Michael Erwin Meyer
Vader Erwin Michael Meyer
Moeder Heidi Meyer (Schmidt)
Geboortedatum 04/09/1986
Kontak +27 82 591 2364

Ek wil met Nicole trou, omdat sy nie net my dans maat is nie, sy is my lewensmaat. Sy is alles en meer wat ek ooit voor kon gevra het. Sy gee om vir ander mense. As ek siek is, maak sy my beter. Wanneer ek af is, cheer sy my op, as ek gerusstelling nodig het, is sy daar vir my. Haar geloof is onwrikbaar en dit is inspireerend. Haar lag is aansteeklik en glimlag so oulik. Ek wil met Nicole trou omdat sy “my alles” is.

Die Bruid

Nicole Rensleigh

Naam Nicole Rensleigh (van Vuuren)
Vader Pieter van Vuuren
Moeder Nita van Vuuren (Koedooder)
Geboortedatum 04/07/1984
Kontak +27 82 467 4489

Ek wil die res van my lewe saam met Michael deur dans, want hy is mal oor my net soos wat ek is, en ek oor hom. Ek hoef nie te verander of harder te werk vir sy goedkeuring nie. Hy laat my altyd pragtig en perfek voel. Hy waardeer wat nodig is, en ondersteun my onvoorwaardelik. Hy wil my net gelukkig maak, en dit kry hy uitstekend reg. So geseënd is ons om mekaar te kon vind, en sal mekaar koester tot in ewigheid.

Ons Liefdesverhaal

Ons ontmoet mekaar

26 Augustus 2016

By Michael se ou dans studio, The Beat in Centurion, waar Nicole toe nog net 'n student was vir 'n paar maande, op 'n Vrydag Mandtjiedans, vat hy haar hand sommer al vroeg in die aand. Wow, en die magic was dadelik daar vir ons alby en dit het net gegroei van daar. Nicole kon nie glo 'n man kan so goed dans nie, in haar opinie, beter as al die teachers saam. Hy was vir haar soos "PatricK Swayze".

Ons eerste date

7 Oktober 2016

Michael vat haar uit vir 'n eerste klas aandete by een van sy favourite restaurante in Pretoria. Daarna gaan hulle draaie maak om die dansvloer by Weiveld. Sy is maar nog versigtig en skaam, selfs om net sy hand vas te hou, maar hy hou haar tog so lekker styf vas buite om haar warm te hou. Hy is 'n "total gentlemen". Hulle kry laat aand gou saam McDonalds voor elkeen weer sy rigtig gaan.

Uitgaan

28 Desember 2016

Dit was die amazingste 3 maande sovêr gewees! Na 10 dae van vakansie apart, kon ons dit nie indink om ooit weer nie bymekaar te wees nie. "Ek is lief vir jou" word vir die eerste keer vir mekaar gesê en ons is gelukkiger as wat ons ooit sou kon droom. Dankbaar vir die Here dat ons mekaar gevind het en toegewyd aan mekaar. Ons vakansie by die see voel omtrent soos 'n honeymoon...

Verloof

17 Maart 2018

Michael reël so suitjies suitjies 'n verassings braai by Oom Archie se huis. Nicole weet eers van niks, maar toe begin haar familie en vriende een vir een opdaag... En hoe gelukkig dat ons vir Heidi ook daar kon hê daai dag. Mickey doen en sê alles so perfek, gaan af op een knieg, en als... Natuurlik is dit 'n groot en blye JA! Die ring is so mooi en perfek, en tot wense vir "kinders by dosyne" word gehoor.

Geseënd, Geliefd, Gekoesterd

Die Troue

Seremonie

  • Saterdag, 20 April 2021 15:00
  • Church of Hope, Heja Lodge, Windhoek

Onthaal

  • Saterdag, 20 April 2021 18:00
  • The View Venue, Heja Lodge, Windhoek.

Paas Sondag

  • Sondag, 21 April 2021 vanaf 9:00
  • Restaurant, Heja Lodge, Windhoek

Julle is baie welkom (maar nie verpligtend) om saam met ons Paas Sondag te spandeer op die Lodge, teen eie koste.
Ons sal almal saam breakfast vanaf 9h00.
Daar is verskye aktiwiteite om te doen, of net lekker saam kuier en uit chill langs die swembad.
Die Restaurant is oop die hele dag vir lekker kos.






TROUE KLEURE/TEMA:

Shades of Blue



Verblyf


Heja Lodge gee vir al die gaste van ons troue 'n baie spesiale en
bekostigbare tarief om oor te slaap.
Hulle het in totaal 44 standaard kamers, en 6 luukse kamers.

Die kostes beloop vanaf N$415 tot N$928 (N$1 = R1)
Kry hier dokument met al die detail

Maak asb seker as u wel daar wil oorslaap dat u so gou as moontlik die Lodge kontak om u bespreking te bevestig - 50% depositoe word vereis:
E-mail: info@hejalodge.com
Sit asb in die onderwerp: 180622-004 Meyer Troue 20/04/2019
Website: www.hejalodge.com
Tel: +264 61 257 151




"Ons het Hom lief,
omdat Hy ons eerste liefgehad het."

"‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê."

Geskenk

Ons het alreeds 'n huis vol dinge en ryk met liefde.

Ons sal eerder 'n geldtjie verkies, vir "spending money" op ons Honeymoon na Disney World & New York!

Byvoorbaart Dankie!

Gaan julle kom?

RSVP asb teen
1 Desember 2018

Loader
Baie Dankie!
Error occurred while sending email. Try again later.